100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Toneel op N4 opgeklaar na vragmotors bots

Written by on August 29, 2022

Die toneel is kort na 22:00 finaal opgeklaar.

=============

29 Augustus, 16:45

‘n Stop-en-ry-stelsel is ingestel op die N4 waar drie vragmotors en ‘n sedan vanmiddag in ‘n ongeluk betrokke was tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane. Die departement van gemeenskapsveiligheid sê  twee van die drie vragmotors het aan die brand geslaan. Vier mense is ernstig beseer: een van die vragmotorbestuurders en drie passasiers in die sedan. Nog ‘n vragmotorbestuurder is dood. Die derde is ongedeerd.

=============

29 Augustus, 14:05

Die N4 tolpad is gesluit na twee vragmotors teen mekaar gebots en een aan die brand geslaan het tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid is die pad gesluit. Motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.
Volgens Emer-G-Med het die twee vragmotors steenkool vervoer en teen ‘n hoë spoed kop-aan-kop gebots.
Een van die vragmotors het aan die brand geslaan. Die manlike bestuurder word as omtrent 40 geskat. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die ander bestuurder is lig beseer.
In ‘n sekondêre ongeluk het ‘n voertuig teen die vragmotors vasgery. Vier volwasse insittendes is matig beseer en hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.


×