100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga teken derde Covid-19-sterfte aan

Written by on July 1, 2020

‘n Derde slagoffer se lewe is in die provinsie weens COVID-19 geëis. Volgens die jongste syfers is die persoon in die Thembisile Hani-munisipaliteit oorlede.
Die vorige twee gevalle was onderskeidelik in Mbombela en Bosbokrand.
Hluphi Mpangane, van die departement van gesondheid, sê ‘n teatersuster het Donderdag by die Themba hospitaal positief getoets, nadat sy simptome gewys het.

Volgens Mpangane is streng veiligheidsmaatreëls in plek by die hospitaal wat steeds vir die publiek oop is.

Sasekani Manzini, LUR vir gesondheid, het Dinsdag die hospitaal besoek.
Volgens Mpangane is al die posiewe gevalle in selfisolasie. Van hulle het 12 saam met die eerste geval in die teater gewerk.
Die teater is dadelik deeglik ontsmet. Al haar kontake is nagespeur. Ander gesondheidswerkers is getoets. Pasiënte van die hospitaal wat met die gesondheidswerkers is kontak was, is ook opgespoor en word gemoniteer.
Mpangane voeg by dat risiko assessering deurgaans gedoen word.
Gesondheidswerkers sal weer opleiding in Covid-19 ontvang. Almal is met beskermende kleredrag toegerus.
Die hospitaal word daagliks ontsmet. Pasiënte is gevra om ‘n veilige afstand van ander mense te hou.

Volgens die provinsie se jongste Covid-19 syfers is daar sover 1 089 positiewe gevalle in Mpumalanga aangeteken.
Van hulle is 710 tans aktief.
In Mbombela het 60 van die 134 herstel, in Nkomazi 34 van die 49 gevalle en in Thaba Chweu het 15 van die 24 gevalle van die virus herstel.
Die brandpunte in die provinsie is eMalahleni (Witbank) met 369 positiewe gevalle, Govan Mbeki-munisipaliteit met 155, en Middelburg-omgewing met 139.
Volgens die gesondheidsdepartement het sowat 4,5 miljoen van die provinsie se 4,9 miljoen mense reeds siftingstoetse vir Covid-19 ondergaan.

 


×