100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Emnotweni vir eers nog toe

Written by on July 1, 2020

Emnotweni Casino in Mbombela gaan vir eers nie oopmaak nie.
Casino’s mag ingevolge die nuwe riglyne vir toerismebedrywighede Maandag weer heropen het.
Emontweni het egter besluit om dit uit te stel. Adam MacIntyre, algemene bestuurder by Emnotweni, sê dit was ‘n moeilike besluit, maar hulle sal eers heropen wanneer hulle 100% gereed is.

Minister Mmamoloko Kubayi-Ngubane het Vrydag nuwe riglyne vir die toerismebedryf aangekondig. Dit is Maandag gepubliseer. Daarvolgens geld basiese reëls vir al die nuwe bedrywe wat mag oopmaak.
Alle werknemers en gaste se temperatuur moet met hul aankoms geneem word en hulle moet gesaniteer word.
Elke gas moet ‘n Covid-19-vraelys invul. Saniteerders moet verskaf word en fasiliteite moet gereeld ontsmet word.
Almal moet te alle tye maskers dra, behalwe wanneer hulle besig is om te eet of drink.
Die nuwe riglyne vereis dat casino’s slegs 50% van hul kapasiteit mense op die vloer mag toelaat.
Hulle moet ook daagliks baie deeglik rekord hou van elke klant wat hul perseel besoek. Hierdie rekords moet vir ten minste ses weke na die einde van die nasionale ramptoestand gehou word.
Casino’s moet die 1,5-meter afstand reël afdwing. Hulle moet ook ‘n area inrig waar mense in isolasie geplaas kan word, sou dit nodig wees.
Verder moet hulle moontlike oppervlaktes waaraan mense kan raak minimaliseer.
Elke masjien en oppervlak moet ook na gebruik ontsmet word, of klante moet van saniteerders voorsien word om oppervlaktes wat hulle aanraak self te saniteer voor en na gebruik.
Volgens Emnotweni werk hulle hard om voor te berei vir die heropening en sal die datum weldra aangekondig word.


×