100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Move One Million gereed vir aksie Saterdag

Written by on September 2, 2020

Die Move One Million-groep beplan Saterdag vreedsame betogings regoor die land en internasionaal.
In Mbombela word ‘n rit vanaf Halls om 09:00 beplan, asook ‘n staande protes langs Madibarylaan in Riverside vanaf 10:00.
Plaaslike organiseerder, Danielle Hayman, sê Move One Million is nie polities nie: Dit poog bloot om Suid-Afrikaners te mobiliseer om op te staan teen wat fout gaan in die land.
Veral korrupsie is tans in hul visier.

Sover neem mense in 16 ander lande ook deel.
Volgens Hayman is hulle nie teen die regering gekant nie, maar is mense moeg vir die rigting waarin alles beweeg.
“Ons is teen korrupsie, en misdaad wat net vererger. Teen geslagsmisdaad en kindermishandeling. Alles waarvoor ons so moeg is.”
Die Move One Million-bewegings wil alle Suid-Afrikaners mobiliseer om daarteen op te staan en vir hul regte op te staan om ‘n sterk boodskap te stuur.
“Ons probeer om ten minste ‘n miljoen mense bymekaar kry Saterdag,” verduidelik sy.
Die groep is glad nie polities geaffilieer nie en beplan om dit so te hou. “Ons doelwit is om in die toekoms direk vir ons leiers te stem,” voeg sy by.

Alles wat jy oor Saterdag moet weet
Dra ‘n swart hemp. Dra ‘n gesigmasker. Fisiese distansiëring sal toegepas word.
Ontmoet 09:00 by Halls. Die stoet sal in die rigting van Crossing-sentrum ry, links draai op die R40 en dan om die regeringsgeboue ry voor hulle op dieselfde roete terugkeer na Halls.
Of, parkeer in Riverside en staan langs Madibarylaan onder Grove-sentrum vanaf 10:00. Organiseerders sal daar wees om te help.
Besoek Move One Million se Facebook-blad vir meer inligting.


×