100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mnr. en Mej. Bergvlam 2020 aangewys

Written by on October 8, 2020

Die nuwe Mnr. en Mej. Bergvlam is Woensdagaand gekroon.
Vanjaar se glansgeleentheid was ‘n virtuele aanbieding wat regstreeks op Hoërskool Bergvlam se Facebook-blad uitgesaai is.
Kyle Fulton en Keyanna van Dyke is as die wenners gekroon. Keyanna is ook as die uitblinker-debutant aangewys.
Ane Braun is 2020 se Mej. Persoonlikheid.
Die skool se skakelbeampte, Mandy Barnard, verduidelik dat hulle vanjaar, weens die Covid-19-pandemie, die toekennings ‘n bietjie aangepas het.

“Hoërskool Bergvlam se finaliste is ambassadeurs van die skool se waardestelsel: Ubuntu, integriteit, respek, trots en verantwoordelikheid.
“Weens die pandemie wat inskrywings bemoeilik het, het ons vanjaar besluit om toekennings uit te gee vir elke finalis wat hierdie waardes die beste vergestalt.”
Die wenners is Chiné Maritz vir verantwoordelikheid, Taniel Leverington vir Ubuntu, Jessica Els vir integriteit, Sine Zulu vir respek en Noluthando Mabaso vir trots.

Bianca Vosloo is as die “techno junkie” aangewys, omdat haar inskrywings, soos haar TikTok-video en bemarkingsvideo, van die hoogste gehalte was.
Mandie Grobler het die prys gewen vir die finalis wat deur die kompetisie die meeste gegroei het.
“Die leerders kry blootstelling aan geleenthede buite hul verwysingsraamwerk, en sodoende ontdek en ontwikkel hulle hul menswees,” verduidelik Barnard.
“Deur deel te vorm van soveel liefdadigheidsprojekte, word daar ook deernis vir hul medemens gekweek.”

Foto’s: Elna Photography


×