100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Mirakel-akteurs in gesprek

Written by on June 30, 2023

Edwin van der Walt vertolk in Mirakel die rol wat Dawid Minnaar dekades gelede gespeel het.

Hulle gesels met Sonop Ontbyt oor die komplekse kwessies in die toneelstuk wat ‘n mens ook laat lê van die lag.

“[Reza de Wet] het so ‘n ongelooflike insig gehad in die menslike kondisie en spesifiek in die Afrikaner psige, so mense herken hulself,” sê Minnaar oor die dramaturg. “Hulle herken die situasies en identifiseer met dit. Die ander wonderlike ding is haar swart sin vir humor.”

Luister weer hier:

Mirakel vertel ‘n verhaal van oorlewing en verraad, idealisme en realiteit wat vandag steeds vars en in gesprek is met ons realiteit.

Dawid Minnaar, Bettie Kemp, Rolanda Marais, Edwin van der Walt, Carla Smith en Eben Genis is in die rolverdeling met regie deur Marthinus Basson.

Sien ook: Resensie: Hans steek die Rubicon oor

Kry die volledige Innibos-feesprogram hier.


×