100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as 4 000 bots met gereg tydens inperking

Written by on May 3, 2020

Die polisie in Mpumalanga het al meer as 4 000 mense gearresteer weens die verbreking van inperkingsregulasies die afgelope vyf weke. Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, sluit die oortredings allerlei in, maar veral vervalste permitte en die verkoop van drank.
Tog is wetstoepassers oor die algemeen tevrede met hoe Mpumalanga se inwoners hulle gedra – ook sedert die inperkingsregulasies Vrydag ‘n klein bietjie verslap is.
Die departement van gemeenskapsveiligheid sê hulle het in April altesaam 75 147 voertuie by hul padblokkades gestop.
Volgens woordvoerder, Moeti Mmusi, is 39 mense gearresteer. Van hulle is twee met dagga in hul voertuig betrap. Die ander het die inperkingsregulasies oortree.
Mmusi voeg by dat hulle steeds winkels vind wat nie die korrekte sanitasiegeriewe bied of fisiese afstand afdwing nie.
Die departement verwag ‘n groot toename in verkeer die naweek, omdat meer mense Maandag kan begin werk en mense wat tot dusver inperking in ander provinsies spandeer het, tot Donderdag het om terug te keer.
Daarna sal jy slegs met ‘n permit in buitengewone omstandighede tussen provinsies kan reis.
Volgens Mmusi is hulle slaggereed daarvoor, met 14 padblokkades of verskeie roetes.

Die departement en polisie het ‘n ernstige pleidooi aan die gemeenskap gerig om by die regulasies te hou.
Volgens Hlathi is dit nie bedoel om mense se lewens moeilik te maak nie, maar om lewens te red.
Vir nou moedig die polisie mense aan om maskers in die openbaar te dra, soos die wet sedert 1 Mei vereis.


×