100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela op soek na alternatiewe kragverskaffers

Written by on February 21, 2023

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) het vanoggend ‘n alternatiewe energie expo en netwerksessie aangebied om die gesprek met Mbombela te begin oor hoe onafhanklike kragverskaffers elektrisiteit aan die munisipaliteit kan lewer.
“Ons kan nie so aangaan nie,” sê Linda Grimbeek oor die kragkrisis.

“Alternatiewe kragverskaffers is ‘n geleentheid vir plaaslike munisipaliteite om uit hul finansiële verknorsings te kom deur elektrisiteit teen goedkoper aan te koop.”
Die Mbombela-stadsbestuurder, Wiseman Khumalo, het gesê hulle is op soek na ‘n langtermyn koopooreenkoms met verskillende onafhanklike kragopwekkers – mits hulle kompeterende pryse bied en hul elektrisiteitsvoorsiening betroubaar is.

Kenners het ook hul raad gedeel het oor opsies om minder afhanklik van Eskom te word.
Luister weer hier.


×