100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Matriekpresteerder se raad vir gr. 12: ‘Werk elke dag ‘n bietjie’

Written by on January 20, 2022

Luke Smythe was Uplands College se toppresteerder met agt onderskeidings in sy nege vakke die afgelope matriekeksamen.
Hy tel ook onder die top 1% van nasionale presteerders in die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se 2021 uitslae in lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering.
Hy sê hy is gelukkig om in ‘n skool soos Uplands te kon wees, waar leerlinge baie goed ondersteun is met aanlynnderrig, en ook emosioneel, deur die Covid-19-pandemie die afgelope twee jaar.
Hy het raad vir leerlinge wat nou hoërskool betree, vakkeuses moet maak, of gr. 12 aanpak.
Luister weer hier:

Luke beplan om BSc wiskundige statistiek by die Universiteit van Pretoria te studeer – en fisika, waaroor hy gaande is. Hy het eers in gr. 12 besluit om gevorderde fisika ook te neem – en moes daarom die twee jaar in een doen.
Uplands College se ander leerders het ook uitgeblink. Buiten ‘n 100% slaagsyfer, het 95% van die skool se matrikulante universiteitsvrystelling.
Hannah Guthrie, Metja Mosehla, Jordan Mitchell en Amani Omar het elk sewe A’s behaal met Beulah Alberts en Carla Neto wat elkeen ses gekry het, en Elouné Prinsloo en Kiara Wales met vyf.


×