100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Massaskietery in Kanyamazane eis twee

Written by on September 19, 2023

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, besoek vanmiddag die toneel waar ‘n massaskietery by ‘n taverne in Kanyamazane Sondagoggend twee lewens geëis het.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het twee gewapende mans met klapmusse kort ná middernag in die taverne losgebrand.

Een slagoffer is op die toneel dood verklaar. ‘n Tweede het later by die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Hulle was teen gister nog nie geïdentifiseer nie.

Luister:

Vyftien mense is ook gewond, waarvan twee in ‘n ernstige toestand in die hospital is.

Die motief vir die massaskietery is op hierdie stadium onbekend.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Shongwe sal deur polisielede en beamptes van die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder vergesel word op die besoek.

Sien ook: Hoftolk van Mhala van korrupsie aangekla

*Daar is aanvanklik berig dat die voorval in Entokhozweni plaasgevind het. Dit is nou reggestel.


×