100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoftolk van Mhala van korrupsie aangekla

Written by on September 19, 2023

‘n Hoftolk van die Mhala-streekshof in Nkomazi het gister in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie.
Volgens die Valke volg dit op bewerings dat Timothy Sibuyi (47) die familie van ‘n beskuldigde in ‘n verkragtingsaak geld gevra het om vir hom regsverteenwoordiging te reël.
“Hy het (sy broer) na sy kantoor by die Mhala-landdroshof genooi,” sê die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi.
“Hy het vir hom gesê dat aangesien sy broer nie deur ‘n regshulpprokureur verteenwoordig word nie, hy ‘n verteenwoordiger kan reël, maar hy moet betaal.
“Toe die klaer hom R1 000 aanbied, het hy geweier en gesê dat die geld te min is en hy het R2 500 geëis. Die geld is deur die gesin ingesamel en in sy Capitec-bankrekening inbetaal.
“Die klaer het die saak by die polisie aangemeld. Nadat die beskuldigde gehoor het dat ‘n korrupsiesaak geopen is, het hy die ma van die klaer genader en R2 000 terugbetaal en belowe om die uitstaande bedrag later te vereffen.”
Na deeglike ondersoek deur die Valke is ‘n lasbrief vir die hoftolk se inhegtenisneming bekom.
Sibuyi is borgtog van R5 000 toegestaan.
Die saak is tot 16 Oktober uitgestel.
Luister ook: Interkontinentale reis gaan stamselskenkers werf


×