100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vas wat glo plofstof aan onwettige myners verskaf

Written by on February 6, 2024

‘n 27-jarige Zimbabwiese burger bly in aanhouding na sy verskyning gister in die Barberton-landdroshof op aanklagte van die besit van plofstof en oortreding van die Wet op Immigrasie.

Thaimo Ndlovu is Vrydag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in Barberton gearresteer.

plofstof in Barberton

Verskeie ploftoestelle en -toebehore is glo by sy huis gevind.

Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, is dit vanuit Zimbabwe ingevoer om na vermoede aan onwettige mynwerkers verkoop te word.

Sy sê die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag.

Luister:

Sien ook: Nog ‘n gebou brand in Barberton af – Radio Laeveld


×