100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vas vir mesmoord

Written by on April 15, 2020

‘n Dertigjarige man sal na verwagting vandag in die hof vir moord verskyn.
Die man het na bewering gister ‘n 27-jarige vrou doodgesteek in Buyisonto, naby Bosbokrand.
Volgens die polisie se kol. Donald Mdhluli was die vrou vroeg die oggend op pad na haar werk, toe sy die man, wat sy goed geken het, raak geloop het. ‘n Argument het ontstaan en die man het haar glo verskeie gekere met ‘n mes gesteek waarna hy op die vlug geslaan het. Die vrou is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die man is later deur die polisie in ‘n taxi opgespoor en gearresteer. Hy sal na verwagting vandag in die hof in Mhala op ‘n klag van moord verskyn.

Twee mans is Dinsdag ook vir die besit van dagga ter waarde van ongeveer R180 000, in hegtenis geneem. .
Die mans, wat onderskeidelik 34 en 38 jaar oud is, is deur polisie in Lydenburg vasgetrek. Volgens brig. Leonard Hlathi, het hulle inligting ontvang dat mense tussen Mbombela en Lydenburg met dwelms smokkel. Hulle het die verdagte voertuig gestop en ses sake dagga gevind.
Die mans sal na verwagting vandag in die hof in Mashishing verskyn op klagtes van die besit van dagga.


×