100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

GRIP bekommerd oor huishoudelike geweld en seksuele aanranding tydens grendeltyd

Written by on April 14, 2020

Die organisasie GRIP, of Greater Rape Intevention Project, beleef ‘n groot afname in vroue wat hulp soek vir mishandeling sedert die grendeltydperk begin het. Die stigter, Barbara Kenyon, skryf dit toe aan die feit dat mense minder mobiel is. Sy sê hulle “weet daar is steeds huishoudelike geweld en seksuele aanranding, maar die sake word as gevolg van die grendeltydperk nie aangemeld nie”.
Kenyon verwag ‘n groot toename in aanmeldings wanneer die tydperk van inperking verby is.
GRIP is veral besorg oor verkragtings waar mense nie in staat is om binne 72 uur mediese hulp te soek om antiretrovirale behandeling te bekom nie.

Sy het bygevoeg dat die aanvaller moontlik 24 uur saam met die slagoffer is en dat hulle kan nie hulp kry nie omdat mense se vermoë om te pendel in terme van die grendeltydperk beperk is. GRIP is egter beskikbaar om enige persoon by te staan. “Ons sal hulle gaan haal of doen wat ons moet om seker te maak hulle kom by ‘n hospitaal uit.”

Die niewinsgewende organisasie se dienste is steeds tydens inperking by die volgende hospitale beskikbaar: Rob Ferreira, Themba, Mapulaneng, Matikwane, Tintswalo en Shongwe.

“GRIP kan ook ondersteun word aangesien hulle altyd versorgingspakkies en tuisgemaakte teddiebere benodig”, sê Kenyon.
Om hulp te verleen, of hulp te ontvang, kontak haar by 082-076-9243.


Continue reading

×