100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man aangekeer wat glo vakansiehuise in Badplaas besteel

Written by on November 23, 2022

‘n Man wat na bewering vakansiehuise by Vygeboom-dam besteel het, sal na verwagting vandag in die Carolina-hof verskyn.
Die 28-jarige is Maandag in Badplaas aangekeer toe die polisie op ‘n wenk gereageer het.
Daar is beslag gelê op items wat na vermoede gesteel is ter waarde van R250 000 sowel as ‘n geweerkluis en ammunisie.
Die polisie sê hulle soek nog na sy medepligtiges.
Drie verdagtes wat gisteroggend glo werknemers van ‘n koeriermaatskappy in Calcutta beroof het, verskyn vandag in die Mhuhlu-hof.
Volgens die polisie het hulle ‘n VW Polo gebruik om die bakkie se pad te versper. Hulle het vuurwapens op die twee slagoffers gerig en hul selfone, beursies en bankkaarte gesteel.
Hulle het toe met die maatskappyvoertuig en voorraad van R18 889 gevlug. Die voertuig is later agtergelaat gevind en die verdagtes is aangekeer.

Vyf verdagtes is binne twee dae in afsonderlike stop-en-deursoek operasies op die N4 aangekeer.
Drie verdagtes wat na bewering koperkabels van ‘n treinspoor in Waterval Boven gesteel het, is Maandag naby Machadodorp gearresteer.
Volgens die polisie was 48.23 kg koperkabels met ‘n straatwaarde van R9 000 in plastiekhouers en skooltasse versteek op die minibus waarin hulle passasiers was. Hulle sal na verwagting vandag in die Emakhazeni-landdroshof verskyn.
Armando Machume (25) en Daniel Francisco-Chivure (48) is Sondag met dwelms ter waarde van sowat R300 000 in hul Toyota Quantum vasgetrek. Hulle verskyn op 29 November weer in Komatipoort vir ‘n formele borgaansoek.


×