100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sebastian de Klerk die Pumas se speler van die jaar

Written by on November 23, 2022

Die Airlink Pumas het Vrydagaand hul jaarlikse prysuitdeling by Emnotweni gehou, om ‘n uiters suksesvolle 2022 te vier.
Die pienktruie het vanjaar vir die eerste keer in hul bestaan die gesogte Curriebeker gewen, in wat verwys word na die “Wonderwerk van Kimberley” op 25 Junie.

Sebastian de Klerk (22) is as die speler van die jaar aangewys. Die vlugvoetige, veelsydige agterspeler (hy speel senter of vleuel) is ook as die Pumas se agterspeler van die jaar bekroon. Verder was hy die voorste driedrukker met agt drieë tydens die Curriebeker-reeks.

Slot Deon Slabbert (22) is die mees belowende speler. Losskakel Tinus de Beer (26) is as die spelers se speler van die jaar aangewys.
Eddie Fouché, wat deesdae vir die Griekwas speel, was die voorste puntemaker.


×