100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

LUR soek geregtigheid na drawwer se verkragting

Written by on May 5, 2021

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op die polisie om die man wat ‘n 33-jarige drawwer verlede week in Mbombela verkrag en in ‘n rivier gegooi het, aan te keer.
Die vrou was vroeg verlede Woensdagoggend besig om tussen Mataffin en die Sabie-pad te oefen, toe sy deur die aanvaller oorrompel en verkrag is.
Sy het haar bewussyn verloor en die man het haar in ‘n nabye rivier gegooi. Sy het betyds haar bewussyn herwin en kon uitswem en hulp ontbied.
Haar horlosie is gesteel. Die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting en roof, het woordvoerder brig. Leonard Hlathi bevestig.
Shongwe sê die saak moet dringend hanteer word. Sy woordvoerder, Moeti Mmusi, verduidelik:

Volgens Shongwe moet die saak, sowel as ander geslagsgebaseerde geweldsmisdade, met groter dringendheid aandag kry.
“Oortreders moet dringend gesoek word en alle leidrade opgevolg word, want die verdagtes gaan nie na die polisie toe kom nie, sê hy in ‘n verklaring. “Wanneer ons hulle suksesvol vervolg sal ons gemeenskappe saam met ons werk teen geslagsgebaseerde geweld.
“Ons moet almal saamwerk om dit te beëindig sodat vroue en kinders kan leef sonder die vrees dat hulle aangeval sal word.”
Die polisie het enigiemand met inligting gevra om die ondersoekbeampte te kontak by 079-256-4208.


×