100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

LUR nooi bestuurskole om die fluitjie te blaas oor korrupsie

Written by on November 25, 2022

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op die eienaars van bestuurskole om enige amptenare wat omkoopgeld eis, aan te gee.
Hy het gister in Mbombela met hulle vergader na bewerings van korrupsie gemaak is.
‘n Amptenaar van die departement is voorlopig geskors weens bewerings dat hy omkoopgeld geëis het van bestuurskole in Nelspruit.
Lees meer: Amptenaar voorlopig geskors weens bewerings oor omkoopgeld
Shongwe het onderneem om nouer saam met bestuurskole te werk, ten einde laaste die gebruik uit te roei en padveiligheid te verbeter.
Hy het diegene wat betaal om vroeër afsprake te bekom ook gekritiseer.
Op hul beurt het die bestuurskole gevra vir regulering van die bedryf om vals bestuurskole uit die weg te ruim.


×