100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister: Pasop vir krokodille in die Laeveld se water

Written by on March 23, 2021

Na raming word steeds sowat 100 krokodille vermis na hulle einde Januarie uit hul teelplaas naby Hazyview ontsnap het.
Chris Hobkirk van die Agentskap vir toerisme en parke in Mpumalanga (MTPA) het met Sanett gesels oor die groot moontlikheid dat hulle steeds in die omgewing van Kiepersol, Hazyview, die Sandrivier, Da Gama-dam en plaasdamme in die omgewing aangetref gaan word.
Hulle is baie gevaarlik, waarsku Hobkirk, en sê dié spesifieke krokodille is gemiddeld 2,5m tot 3m lank.
Verder assossieer hulle mense met kos – en sal geneig wees om nader te kom. En, natuurlik, sien jy hom nie maklik nie.
Luister hier net hoe gevaarlik plaaslike watergate tans weens hul teenwoordigheid is.


×