100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos sal nie in Junie plaasvind nie

Written by on March 23, 2021

Dit is amptelik: Innibos is nie van die baan vir 2021 nie, maar sal definitief nie soos gewoonlik in Junie kan plaasvind nie.
Volgens bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, hoop hulle om die fees nog voor die einde van die jaar aan te bied, maar dit sal slegs moontlik wees as beperkinge op groepsbyeenkomste opgehef word.
“Ons kan geen Innibos-datum aankondig voordat die beperkinge op openbare geleenthede nie opgehef word nie,” sê sy.
“So ons hou duim vas. Ons is reg om ‘n fees te reël, maar uit die aard van die saak is dit onmoontlik om ‘n fees aan te bied as daar net 250 mense by ‘n geleentheid mag wees. En ‘n mens moet natuurlik in ag neem ons wil geen risiko loop om ‘n superverspreider te wees nie.
“Sodra die land ingeënt is en ons het immuniteit, of sodra die beperkinge opgehef word, dan hou ons weer Innibos soos altyd.”
Dit sal definitief nie in Junie wees, soos beplan nie, maar hopelik voor die einde van die jaar.
Intussen kan daar uitgesien word na ‘n hele paar lekkertes. Jacobs noem dit bietjie-bietjie Bos.
Onder andere sal ses huiskonserte oor die volgende ses maande in samewerking met Radio Laeveld in die Laeveld aangebied word. Dit sal lewendig op die radio uitgesaai word.

Eerskomende naweek skop dit af met Jo Black regstreeks op Radio Laeveld.
Jacobs verduidelik dat hulle lojale Innibos-ondersteuners geïdentifiseer het om die konserte aan te bied.
Inperkingsreëls geld met ‘n beperkte hoeveelheid nabye familie en vriende wat toegelaat word.
kykNET borg dit, maar elke persoon wat dit bywoon word gevra om ‘n donasie te bring van ten minste R100. Die gasheer kan dan besluit aan watter plaaslike welsynsorganisasie dit geskenk sal word.
Na Jo Black is Refentse, die pianis Charl du Plessis, Jak de Priester, Elvis Blue en Roan Ash aan die beurt.
Elke vertonings word lewendig op jou radio uitgesaai. Skakel Saterdag in vir die uitsending van Jo Black. Dit begin om 19:00 op 100.5FM.


×