100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lefpa sê: ‘Geen meer voorbrande’

Written by on August 19, 2025

Die Laeveld en Platorand-brandbestrydingsvereniging (Lefpa) sê geen brandpermitte sal tot verdere kennisgewing uitgereik word nie.

Dit is vanweë die hoë brandgevaar te midde van warm, droë en winderige toestande. 

André Scheepers verduidelik die brandrisiko is tans uiters hoog en alle brandbedrywighede moes reeds voltooi wees om die risiko van veldbrande te verminder. 

Voortaan sal Lefpa strenger optree en slegs spesiale brandpermitte op aanvraag uitreik. 

Scheepers voeg by alle vorige brande wat gemaak is, moet gemonitor word. Hy vra dat alle brandplekke besoek en beveilig word. 

“Met die veranderende weerstoestande, opkomende fronte en warm, droë winderige toestande, veral hierdie week en naweek, moet ons ekstra voorsorgmaatreëls teen brande tref.”

Hy vra dat almal saamwerk om verantwoordelike brandbestuur toe te pas. 

Luister:

Rapporteer alle veldbrande dadelik by 086-066-3473.