100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laevelders stoei medaljes los by nasionale kampioenskappe

Written by on July 12, 2022

Vier plaaslike stoeiers het met medaljes teruggekeer van die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir o.17 en o.20 seniors en meesters wat Saterdag in Pretoria plaasgevind het.
Nelspruit Stoeiklub spog met drie medaljewenners.
Jean Erasmus (o.17, o.55kg) het goud gewen in die Grieks-Romeinse afdeling en brons in vrystyl.
Samuel Odendaal (o.17, o.48 kg) het brons gewen in beide Grieks-Romeins en vrystyl.
Die o.17-seunspan van Mpumalanga het ook die trofee verower vir beste Grieks-Romeinse span.

Thembela Dhladhla (o.20, o.72kg) het brons gewen in Grieks-Romeins.
Christo Nagel (o.20, o.72 kg) van Witrivier Stoeiklub het ‘n silwer verower in die Grieks-Romeinse afdeling.

Foto’s: Verskaf


×