100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Eenjarige in been getref by begrafnis in Pienaar

Written by on July 11, 2022

Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het te velde getrek teen die gebruik om vuurwapens by begrafnisse af te vuur.
Dit na ‘n eenjarige dogtertjie Saterdag tydens ‘n begrafnis in Pienaar in die been geskiet is.
Volgens die polisie het sy in die erf van haar huis, wat langs die begraafplaas geleë is, gespeel toe skote tydens die seremonie afgevuur is.
Personeel by die plaaslike kliniek het bevestig sy is deur ‘n koeël getref. Sy is na ‘n hospitaal oorgeplaas.
Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê hulle ondersoek ‘n saak van poging tot moord.
Enigiemand met inligting is aangemoedig om dit met hulle te deel by 08600-10111.


×