100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kyk: Jy is genooi na die Groen en Goud Ondersteunerspark

Written by on August 2, 2022

Witrivier-rugbyklub het behoorlik Springbokgees en bied Saterdag ‘n ondersteunerspark én parkeer- en ry vir die Mbombela-toets.
Parkering is R50 per voertuig, maar jou busrit na en van die stadion is gratis. Ten minste twee busse sal beskikbaar wees om te verseker jy kom betyds vir die wedstryd aan met vertrek vanaf 12:30, 13:30 en 14:30.
Bespreek vooraf. Stuur ‘n WhatsApp na 081-899-3404.

As jy nie die wedstryd by die stadion gaan kyk nie, sluit aan by die 100.5FM ondersteunerspark om dit saam met jou mede-ondersteuners op ‘n groot skerm te kyk. Toegang is R50. Hekke open om 12:00.
Busse keer vanaf 20:00 van die stadion af terug na Witrivier-rugbyklub. Kom sit die feesvieringe by die ondersteunerspark voort.
Sien jou daar.


×