100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Karino-wisselaar volgende maand klaar

Written by on February 8, 2022

TRAC N4 sê konstruksiewerk aan die Karino-wisselaar is sowat 88% klaar en na onvoorsiene vertragings behoort dit teen Maart afgehandel te wees.
Konstruksie van die langverwagte Montrose-wisselaar op die Schoemanskloof het ook afgeskop.
Volgens TRAC sluit dit in dat vier nuwe opritte gebou word en die bestaande twee-baan Krokodilbrug verbreed word tot vyf bane.
“Soos die Machado- en Karino-wisselaars, glo TRAC dat die Montrose vryvloeiende wisselaar verkeersvloei beduidend sal verbeter,” sê kommunikasiebestuurder, Solange Soares.
Die R248-miljoen projek sal na verwagting 15 maande neem om af te handel.
By eMalahleni is die rehabilitasie van die pad tussen OR Tambo-lughawe en Van Dyksdrift 85% klaar en behoort dit ook volgende maand ten einde te loop.
Die opgradering tussen Belfast en Machadodorp staan tans op 90%.
Die opgradering tussen Kaapmuiden en Kaalrug in Nkomazi is reeds afgehandel en dit spog nou met vier bane en ‘n verbeterde padoppervlak.
Die rehabilitasie van die pad tussen Wonderfontein en Belfast sal na verwagting vandeesmaand afskop en behoort dit teen Desember 2023 tot ‘n einde te loop.
TRAC sê dat, hoewel hulle probeer om die belemmering van verkeersvloei op die N4 tot die minimum te beperk, dit nie altyd moontlik is nie. Bly ingeskakel op 100.5FM om op hoogte te bly van enige ontwrigtings op die pad.


×