100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kaartjies Springbokke vs All Blacks

Written by on February 13, 2020

Geen persoon of organisasie mag vir die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks op 26 September 2020 by die Mbombela Stadion in Nelspruit tans kaartjies verkoop nie. Die waarskuwing deur die Hoof Uitvoerende Beampte van die Mpumalanga Rugby Unie, Pieter Burger, nadat dit aan die lig gekom het dat daar ‘fopnuus’ artikels die rondte doen op Facebook en WhatsApp, en die gene wat hom daaraan skuldig maak moontlik vervolg mag word.

‘n Amptelike bekendmaking van dag en datum wanneer kaartjies beskikbaar kom, sal binekort gemaak word. SA Rugby en die Unie beplan tans die verskillende gasvryheids aanbiedings, publieke sitplek en pryse waarteen die kaartjies beskikbaar gestel gaan word.

Hy het bygevoeg dat dit ‘n groot eer vir Mpumalanga is om die toets te mag aanbied en uitsien na uitstekende ondersteuning en internasionale rugby ervaring op die dag.


×