Brand in Nelspruit
Written by 100.5FM Nuus on February 5, 2020
Die Dis-Chem apteek by die Grove winkelsentrum in Nelspruit, het gisternag afgebrand. Dit is nog onseker wat die oorsaak van die brand was maar owerhede het bevestig dat hulle besig is met ‘n ondersoek. Brandbestryders kon daarin slaag om die vuur onder beheer te kry voor dit na die res van die sentrum kon versprei. Niemand is tydens die voorval beseer nie.