100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jo Koster het met oorgawe gedien

Written by on October 3, 2023

Die bekende oud-raadslid van Mbombela, Jo Koster, word onthou as ‘n dienaar van die gemeenskap.

Hy is Sondag, 1 Oktober, op 76-jarige ouderdom oorlede.

Johann Koster was ‘n juwelier wat voor die 1996 plaaslike verkiesing op die stadsraad gedien het.

Hy is in 2001 as DA-raadslid herverkies en was die hoofsweep en daarna koukusleier van die DA tot 2016.

Steve Schormann, wat hom sedert sy eie kinderdae geken het en jare saam met hom op die Mbombela-stadsraad gedien het, sê Koster was iemand wat altyd die beste van ander geglo het.

“Hy het alles altyd tot die voordeel van die gemeenskap gedoen.”

Schormann onthou dat hy met sy eerste salaristjek nog ‘n horlosie vir sy pa en vir homself by Jo gekoop het.

Jo Koster word oorleef deur sy vrou van 42 jaar, Lollie, kinders en kleinkinders.

Sien ook: Sonop gaan Bos met Junior Ereveldwagters


×