100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Janse van Rensburg wen nasionale fietsry-kampioenskap in Graskop

Written by on February 14, 2022

Reinardt Janse van Rensburg het Sondag in die ope-afdeling van die 2022 Suid-Afrikaanse nasionale tyd- en padfietsry-kampioenskappe koning gekraai met ‘n tyd van 04:31:51.07.
Hy het laas in 2017 die nasionale kampioenskappe verower en kon in Januarie die 2021 Jock Classic gewen. Die Laevelder Willie Smit moes toe tevrede wees met ‘n derde plek, maar was Sondag, in ‘n tyd van 04:31:51.71 tweede voor Marc Pritzen (die 2021 nasionale wenner) wat derde was op die podium met 04:31:51.91.
Die jong, plaaslike ryer, Callum Ormiston, het die o/23-kategorie gewen en algeheel vyfde geëindig met ‘n tyd van 04:32:03.93. Hy was ook derde in die o/23 tydtoets.
Byron Munton was die wenner van die elite mans se tydtoets, gevolg deur Kent Main en Brandon Downes – wat verlede jaar die vyf-dag Mpumalanga Fietstoer gewen het.
Saterdag, in die vroue-afdeling, was Frances Janse van Rensburg eerste in die padren. Sy was in 2020 die nasionale o/23-kampioen in die padren en tydtoets. Die naweek was Hayley Preen (verlede jaar se wenner) tweede en Carla Oberholzer derde op die podium.
Oberholzer, wat vir 2020 se Olimpiese spele gekwalifiseer het en die 2021 Afrika padkampioenskap en tydtoets gewen het, het eerste geëindig in die tydren, gevolg deur Zanri Rossouw en Janse van Rensburg in derde posisie.


×