100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Inperking bring ’n afname in kriminele aktiwiteite in Nelspruit

Written by on April 15, 2020

’n Afname in kriminele aktiwiteite tydens die inperkingstyd ondervind. Albert Gryvenstein, operasionele bestuurder by Bossies Justice, sê in die eerste week van April is daar minder as 30 polisiedossiere geopen. Heelwat minder as die 200 misdade per week in die verlede oor die paastydperk. Alhoewel die statistiek vir die tweede week in April nog nie beskikbaar is nie, lyk dit asof dit dieselfde laer patroon sal hê. Daar is wel op Dinsdag 14 April ʼn roof by ‘n huis en ‘n  besigheid aangemeld. Wat wel kommer wek, is die hoeveelheid aanrandings wat aangemeld is,” het Gryvenstein in ʼn telefoniese onderhoud aan 100.5fm gesê. Sake wat verband hou met die oortreding van die inperkingsregulasies het egter toegeneem:

 

Gryvenstein sê dit lyk asof die inperkingsregulasies die beweging van misdadigers bemoeilik. “Die rondlopers en ouens wat op die uitkyk is vir geleenthede om te steel, of te roof, kan nie sommer meer so ongemerk rondbeweeg nie, en daarom is daar veel minder van hierdie voorvalle. Ons het in die verlede soveel as 800 sake per maand gehad en vir die eerste week van April was daar minder as 30 sake. Ek was aanvanklik bang dat daar baie voorvalle van huisrowe gaan wees. Tot en met Dinsdag die 14e was daar geen huisroof in Nelspruit in April gewees nie en daaroor is ek dankbaar. Wat wel kommer wek, is die hoeveelheid aanrandings wat aangemeld is,” het Gryvenstein in ʼn telefoniese onderhoud gesê.


×