100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoe om jouself teen slenters te beskerm

Written by on August 3, 2021

Almal val soms vir ‘n verneukspul.
Die grootste bedreiging wanneer dit by finansiële misdaad kom is sosiale ingenieurswese, aldus die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric).
Uitvoerende hoof, Nischal Mewalall, sê dit is ‘n truuk wat skelms gebruik om slagoffers te oortuig om hul persoonlike inligting te deel en hulle so te besteel.
“Dit speel met jou vrese of hoop,” sê hy.
Daar is soveel voorbeelde van die praktyk, wat net in die laaste maand of twee in die nuus was. Basies doen mense hulself voor as ander op so ‘n manier dat jy, die slagoffer, dink dit is geloofwaardig.
Byvoorbeeld, bedrieërs maak asof hulle Sassa-werknemers is om jou inligting te steel en toegang tot jou rekening te kry of die “poskantoor” wil hê jy moet ‘n fooi betaal voor jy ‘n pakkie kan afhaal – en dan betaal jy dit in die dief se rekening in.
Onlangs het bedrieërs hulself as ‘n bank se IT-personeel voorgedoen om – met mense se toestemming, onder die valse voorwendsel van sekuriteit – sagteware op hul tablette of fone af te laai om hul besonderhede en geld te steel. ‘n Luisteraar wat skaam is oor haar eie “misstap” onlangs en daarom anononiem wil bly, sê sy het onlangs ‘n e-pos ontvang wat haar baie lae (5%) rente op ‘n persoonlike rekening bied. Sy het haar inligting (bankbesonderhede, ID, ens.) deurgestuur, sy is “goedgekeur” en toe vra hulle sy moet R9 500 betaal vir versekering. Toe sy die maatskappy kontak is sy meegedeel dit is ‘n slenter.
Mewalall se raad om jouself te beveilig, is om die reëls te verstaan. Jou bank sal jou nooit vra om jou identiteit te verifieër deur jou naam en van, ID-nommer of PIN te vra nie. Trouens, dit is teen banke se eie sekuriteitsbeleid om jou ooit vir ‘n PIN of tydelike PIN te vra. Sy raad is om dit vir niemand te gee nie – nie eens familielede nie.
Wanneer jy ‘n e-pos of SMS “van jou bank af” ontvang, moenie die nommer wat daarop verskaf word bel nie. Soek die regte nommer eerder op, en skakel hulle hom te bepaal of die kommunikasie eg is.
Hou ook in gedagte dat wanneer enige kommunikasie nie deur jou aangevra of verwag is nie, dit beter is om dit te ignoreer en uit te vee.
Luister hier weer na die gesprek.


×