100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mense sukkel al hoe meer om die lewe te hanteer, maar daar is hulp

Written by on August 3, 2021

Mense sukkel om kop bo water te hou, sê Marina Erasmus van Sanca Laeveld.
“Die wêreld het sedert April 2020 baie verander en tot op hede het dit nog nie makliker geword nie.
“Dit is nie soseer dat mense in hierdie tyd meer dwelms gebruik nie weens verveling of opwinding nie – dalk ‘n klein bietjie, maar dit gaan eerder oor die druk en ons ‘cope’ nie,” sê sy vir Sanett.
Plaaslik vind hulle die gebruik van crystal meth, of tik, nyaope en dwelms soos CAT neem toe – laasgenoemde veral onder Afrikaanssprekende mense.
Voorskrifmedikasie is ook verslawend wanneer dit kodeïen bevat, maar, “as jy jou medikasie volgens voorskrif gebruik, is dit medisyne,” sê sy.
Luister na ‘n langer uittreksel uit die gesprek hier:

Erasmus het mense genooi om Sanca Laeveld te kontak vir hulp – al is dit dan net om met iemand objektief te gesels. Kontak hulle by 082-451-3226.


×