100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Grondeis slaag in Kaapsehoop

Written by on January 30, 2023

Die oordrag van 1 199 ha grond aan die Kaapsehoop-gemeenskap is goedgekeur.
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Patricia de Lille, het dit gister in ʼn verklaring bevestig.
Dit vorm deel van ʼn grondrestitusie-eis wat in 1998 ingedien is namens die Kaapsehoop-gemeenskap wat die grond in 1910 bewoon het.
Hulle is hervestig na ʼn asbesmyn en plantasie daar gevestig is. Volgens die departement mag slegs mense wat vir die myn en plantasie gewerk het saam met hul gesinne op die grond gewoon het.
Hulle is in 1973 verwyder vanuit die huise wat die Suid-Afrikaanse Bosboumaatskappy (Safcol) gebou het toe die Komati Land Company dit oorgeneem het. Huise van mense wat nie vir Safcol gewerk het nie is gesloop, sonder dat mense vooraf ingelig is. Hulle moes onder meer hul vee daar los toe hulle hervestig is.
Die grond waarvoor die eis ingedien is, was onder kuratorskap van die departement. Dit is sowat R7,4 miljoen werd.


×