100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Burgerlugvaart ondersoek noodlottige vliegongeluk

Written by on January 31, 2023

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek ‘n noodlottige vliegongeluk wat gistermiddag in Mbombela plaasgevind het.
‘n Ligte vliegtuig het om ongeveer 15:41 op die Steelepoort-plaas naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort.
Die vlieënier was die enigste insittende en is dood.
Hy is geïdentifiseer as Jeff Mabuza (44), ‘n gerekende sakeman van Steelpoort. Hy was onder meer mede-eienaar van Mbojomane Plant & Transport Hire.
Polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala:

Nhlanhla Ngwenya, ‘n toesighouer by ‘n naburige plaas wat sê hy het die ongeluk gesien, sê daar kom gereeld vliegtuie oor die plaas op pad na die lughawe.
Volgens Ngwenya het dit geklink asof dit hoog “ge-rev” het. Die vliegtuig het begin spin. Dit het vir ‘n oomblik weer gelyk gevlieg, en toe agter die berg neergestort.
Die kommunikasiebestuurder van die BLO, Sisa Majola, sê dit is onduidelik van waar of waarheen die vliegtuig op pad was.

“Ons ondersoekspan is op die toneel om bewyse en inligting in te samel wat die omvang van die ondersoek sal bepaal.
“Sou ‘n kritieke veiligheidskwessie geïdentifiseer word, sal die span onmiddelik die relevante partye inlig sodat die korrekte stappe geneem kan word.”
‘n Voorlopige verslag sal binne 30 dae vrygestel word.
==============
30 Januarie 2023, 17:05
Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig is vanmiddag dood toe die vliegtuig neergestort het ‘n bietjie wes van die Ou Nelspruit-lughawe.
Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med was die vlieënier die enigste insittende.

Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.


×