100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Griekwas wen Airlink Cup in Mbombela

Written by on December 6, 2023

Die finale ronde van die SPS Airlink Cup het Saterdag by Nelspruit-rugbyklub plaasgevind.

Vier van die land se kleiner rugbyunies het aan dié splinternuwe toernooi deelgeneem.

Sien ook: Splinternuwe Airlink Cup skop af

Die gashere, die Airlink Pumas, het tydens hul wedstryd teen die Windhoek Draught Griekwas met 14-7 voorgeloop teen rustyd, maar uiteindelik die wedstryd met 29-31 verloor vir die besoekers om as kampioene gekroon te word.

Die Pumas se Etienne Taljaard is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die Novavit Griffons was die plaat-wenners na hul oorwinning van 50-26 teen die Luiperds.

Pumas griekwas airlink cup 2023 eindstryd foto Kaptured Concepts

Foto’s: Kaptured Concepts


×