100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Graskop sonder water na inwoners munisipale kantore sluit

Written by on July 15, 2020

Inwoners van Graskop het met droë krane vanoggend wakker geword. Dit kom na die munisipaliteitkantore gesluit is weens protesaksie oor ‘n onverwagse elektrisiteit-heffing, wat die dorp verlede week lamgelê het. Lance Gibson, voorsitter van die Graskop-sakekamer, sê hulle vermoed die munisipalewerknemers het die dorp se waterpompe afgeskakel as gevolg hiervan. Handel kon intussen hervat word, op voorwaarde dat die munisipale kantore gesluit bly. Inwoners dreig dat protesaksie weer sou opvlam indien die kantore heropen sonder antwoorde van die Thaba Chweu munisipaliteit.


×