100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Eienaars van eBundu aangekla van bedrog

Written by on July 15, 2020

Die eienaars van eBundu Lodge het Dinsdag vir beweerde bedrog in die hof in Mbombela verskyn.
Zodwa (32) en Sibusiso Tshabalala (41) word aangekla van bedrog en geldwassery.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi van die Mpumalanga Valke, het die egpaar na bewering in September 2018, meer as R200 000 se fakture in die lodge se naam uitgereik vir dienste wat nie gelewer is nie, en die geld in hul persoonlike rekenings laat inbetaal.
Elkeen is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Die bekende baken was voorheen bekend as Bundu Lodge. Dit is op die R40 tussen Nelspruit en Witrivier geleë.
Die Tshabalala’s se Ebundu (Edms.) Bpk het dit twee jaar gelede gekoop. Die transaksie het tot in die appèlhof gedraai, nadat die oorspronklike eienaar, Willem Janson, uit die verkoopsooreenkoms wou onttrek.
Die hooggeregshof in Mpumalanga het egter beveel dat die lodge verkoop word aan Ebundu. Die appèlhof het daarna, in Julie 2018, vir Janson toestemming geweier om teen die besluit te appelleer. Die verkoopprys destyds was R32 miljoen.

Volgens Sekgotodi besit die paartjie die lodge saam met ‘n derde persoon wat die beweerde transaksies ontdek het en die Valke gekontak het.
Hulle moet weer op 22 September in die hof verskyn.

 


×