100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Goud vir SA by Wêreld-kampioenskappe in Pelgrims

Written by on August 14, 2023

Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe het vanjaar in Pelgrimsrus plaasgevind.

Deelnemers van 21 lande het tot Saterdag meegeding om as wêreldkampioene in die verskillende afdelings gekroon te word.

Suid-Afrikaners het verskeie goue medaljes ingepalm.

Sonja Vermaak het goud gewen onder die vaardige vroue-kategorie.

Coen Vermaak het die veterane-afdeling gewen.

Surprise Mdluli was die wenner in die tradisionele Klondike-goudpan.

Suid Afrika het ook koning gekraai in die nasionale spanfinaal vir vyf deelnemers.

Vanjaar kon kinders onder 12 ook vir die eerste keer amptelik aan die Wêreldkampioenskappe deelneem. Pholosa Mogane was die algehele wenner.

Hilda Kgwedi het die eerste plek vir vroue beginners, ‘n nie-amptelike kategorie, opgeraap.

Wêreld Goudpan-kampioenskappe in Pelgrimsrus, 7 Augustus 09:57

Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe wat vanjaar in Pelgrimsrus plaasvind het gister geopen.

Deelnemers van 21 lande gaan tot 12 Augustus meeding om as wêreldkampioene in goudpan gekroon te word.

Die provinsiale regering sê dit is ‘n gulde geleentheid en beloof ‘n opwindende kompetisie.

Die kompetisie begin eers vandag.

Gister is twee nie-amptelike geleenthede aangebied na die openingseremonie.

Deelnemers met gestremdhede het die geleentheid gehad om goud te pan.

Dit is opgevolg met ‘n goudstormloop: sowat 90 deelnemers moes in twee hope sand 30 muntstukke vind.

Sanjay Singh van die provinsiale departement van kultuur, sport en ontspanning, vertel wat ‘n groot geleentheid die aanbied van die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vir Mpumalanga en Suid-Afrika is.

Luister weer hier:

‘n Ieder en elk is genooi om die kampioenskap te ondersteun.

Kompetisie begin daagliks om 09:00 met die halfeindrondes en finale wat die naweek plaasvind.

Sien ook: Mpumalanga skitter by Nasionale Goudpan-kampioenskappe

Foto’s: SA Gold Panning Association


×