100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga skitter by nasionale goudpan-kampioenskappe

Written by on October 10, 2022

Goudpanners van regoor Suid-Afrika het verlede week in Pelgrimsrus by die nasionale Goudpan-kampioenskappe hul slag wys.
Die kampioenskappe is Woensdag amptelik met ‘n parade geopen, voor die kompetisie Donderdag afgeskop het. Die finale rondes in die verskillende kategorieë is Saterdag gehou.
Span Mpumalanga is as wenners aangewys met Gauteng tweede en Limpopo in die derde plek.

Onder die mans was Diaan van Heerden die kampioen, gevolg deur Bennie Kruger en Chester Mthombeni.
Goodness Mashego was die vrouewenner, met Sonet Vermaak tweede en Tamara Hutton in die derde posisie.
Pelgrimsrus is volgende jaar die gasheer vir die Goudpan Wêreldkampioenskappe.


×