100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie stropers swaar gevonnis in Skukuza

Written by on April 26, 2023

Drie stropers is swaar gevonnis in Skukuza vir drie renosters wat hulle in November 2019 in die Malelane-area van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gestroop het.
Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, is hulle skuldig bevind op aanklagte verwant aan stropery wat insluit die besit van gevaarlike en onwettige vuurwapens en ammunisie en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.

Zwelithini Mathebula (37) en Lucky Mhlongo (39) is tot 34 jaar gevonnis.
Teddy Dlamini (37) is addisioneel skuldig bevind aan onwettige betreding van die wildtuin en die rig van ‘n vuurwapen en 39 is jaar tronkstraf opgelê.
Sien ook: Vrou gevonnis wat renosterstropers help
Die woordvoerder van die NKW, Ike Phaahla, het veral die veldwagter geloof wat op die betrokke dag die ses renosterhorings ontdek het in die voertuig met vyf insittendes.

Twee van die beskuldigdes het verdwyn na hulle borgtog toegestaan is.


×