100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie mans sterf in trompop-botsing in Mbombela

Written by on June 15, 2020

Drie mans is Saterdagoggend vroeg in ‘n trompop-botsing in Mbombela oorlede.
Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, het die ongeluk omstreeks 07:00 plaasgevind op Samora Machel-rylaan naby Nelsville.
‘n Minibus en ‘n motor was betrokke. Die taxi was na vermoede uit die rigting van KaNyamazane op pad en die A3 in die teenoorgestelde rigting.
Volgens Mmusi is albei bestuurders en die passasier in die minibus op die toneel dood. Daar was geen ander passasiers nie.
Die pad was lank toegemaak. Die polisie en departement ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Mmusi sê die totale sterftes op Mpumalanga se paaie weens ongelukke sedert 1 Junie staan tans op 29.

“Ons het geen inligting of enige aanduiding wat die ongeluk kon veroorsaak het nie,” voeg Mmusi by.
“Ons kan nie tans die moontlikheid uitsluit dat een of albei van die bestuurders vinniger as die spoedgrens gery het nie.
“Met trompop-botsings was een voertuig aan die verkeerde kant van die pad, maar ons weet nie watter een nie.
“Ons weet ook nie of daar dalk iets meganies met een van die voertuie verkeerd kon wees nie.”
Volgens Mmusi was daar Vrydagaand ook ‘n ongeluk naby KaBokweni waartydens een person dood is.

 


×