100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Deurbrake gemaak met arrestasies

Written by on July 22, 2021

Die polisie in die Laeveld kon binne drie dae vandeesweek verskeie verdagtes aankeer vir ondermeer onwettige renosterhorings, dwelms en gesteelde boumateriaal.
‘n Man is gister in Low’s Creek in besit van dagga ter waarde van nagenoeg R1 miljoen aangekeer.
Die 38-jarige het glo 19 sakke dagga van 342 kg in sy besit gehad. Hy sal aangekla word van dwelmhandel.
Twee verdagtes is ook Maandag by die Oshoek-grens vasgetrek in besit van dagga van onderskeidelik amper R100 000 en R4 500. Dagga van dieselfde waarde wat blykbaar weggegooi is, is ook tydens die operasie by die grens gevind.
‘n 36-jarige man sal in die Kanyamazane-hof verskyn vir die besit van gesteelde eiendom weens boumateriaal wat glo by ‘n hardewarewinkel in Pienaar gesteel is, is in sy motorhuis in die Tinkomeni-area van Pienaar gevind is. Volgens die polisie kon hy nie ’n bewys van betaling lewer nie.

Volgens die SAPD se brig. Leonard Hlathi is die saak verwant aan twee ander waar drie mense op heterdaad betrap is in dieselfde winkel en gearresteer is vir sakeroof. Hul sake duur voort in dieselfde hof.
Twee mans sal vandag ook in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings.
Die verdagtes is onderskeidelik 48 en 53 jaar oud. Hulle is gister aangekeer in ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke, die teenstropings-intelligensie eenheid, en private rolspelers.
Volgens die Valke se kol. Katlego Mogale is hulle betrap waar hulle 19 renosterhorings ter waarde van R2,6 miljoen in twee bakkies vervoer het. Daar is ook op die voertuie beslag gelê.
Die verdagtes mag nie geïdentifiseer word voor hulle nie in die hof verskyn het nie.


×