100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Dowwe Dolla deel hoe om ‘n goeie grappie te vertel

Written by on July 22, 2021

Margit Meyer Rödenbeck, dikwels beter bekend as haar alter ego, Dowwe Dolla, sê sy is nie van nature snaaks nie, maar kan die snaaks in dinge sien.
Sy ken egter van komedie, en bied volgende naweek saam met Wynand van Vollenstee, Adriaan van As en Francois Jacobs Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop.
Meyer Rödenbeck het die week ‘n “mini-werkswinkel” tydens Sanett te program aangebied om jou te help om ‘n grappie beter te kan vertel.
Die raad is eenvoudig: Moenie vir jou eie grappie lag nie.
“Dit is baie snaakser as jy dit met ‘n reguit gesig vertel asof jy glad nie besef dit is snaaks nie,” sê sy.
Om dit te vermag, is die tegniek baie goeie voorbereiding. “Goeie tydsberekening lê in oefen: herhaling, herhaling, herhaling.”
Luister weer hier na haar raad.

Sy sê verder dat ‘n mens nooit ‘n grap moet vertel wat jy nie self snaaks vind nie. Hoe om materiaal te kies wat jou pas, is maar een van die besprekingspunte wat volgende naweek by die Eisteddfod-werkswinkels behandel sal word.
Bywoning beloop slegs R60pp. Dit vind op Vrydag 30 Julie van 14:00 tot 20:00 en Saterdag 31 Julie van 09:00 tot 11:00 plaas.
Besoek innibos.co.za en klik op “projekte” of skakel 013-741-5294 vir meer besonderhede.


×