100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Damprook: Ja of nee?

Written by on July 12, 2023

Die Wetsontwerp op Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese Afleweringstelsels gaan strenger reëls toepas – ook op damprook.
Dit poog om die rook en verkoop sowel as advertensie van tabakprodukte en elektroniese afleweringstelsels, oftewel damprook produkte, te reguleer.
Linda Grimbeek van die KLCBT is ten gunste van die wetsontwerp.
Luister weer – Die “ja”-argument:

Sou dit goedgekeur word, sal die wetsontwerp rookvrye binnenshuise openbare en sekere buitelugplekke instel, die verkoop van sigarette deur vendingmasjiene verbied, gewone verpakking bekend met grafiese gesondheidswaarskuwings/prente instel, die vertoning by verkooppunte verbied, en e-sigarette/damptoestelle (met of sonder nikotien) reguleer.
Craig Pieterson, algemene bestuurder van Vaper’s Corner in Kyalami en Equestria, is teen die wetsontwerp gekant.
Luister weer – Die “nee”-argument:

Die publiek het tot 28 Julie om daarop kommentaar te lewer.
Besoek Dear South Africa om jou sê te sê
Sien ook: Nog vier vragmotors brand in Mpumalanga


×