100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier gesoek wat koerier in Hazyview roof

Written by on July 13, 2023

Die polisie in Calcutta kon ‘n vuurwapen, gesteelde goedere en ‘n voertuig wat na bewering tydens ‘n rooftog gebruik is, gistermiddag terugkry na ‘n koerier aangeval is.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is die koeriermaatskappy by Shabalala, naby Hazyview, deur vier aanvallers geteiken.
Hulle het met onder meer elektronika en selfone gevlug.
Die polisie kon egter met behulp van Netstar-inligting die gesteelde goedere naspeur.
Die vier verdagtes het egter te voet gevlug toe hulle deur die polisie gekonfronteer is.
Sien ook: Inligting gevra na vragmotors brand in Mpumalanga


×