100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Cyberpunks ondersoek rol van tegnologie in kinderlewens

Written by on August 15, 2023

Curro Nelspruit, die nasionale wenners van die Curro Create teater-kompetisie in 2022 is terug met ‘n oorspronklike stuk, Cyberpunks.

Die teks is deur ‘n onderwyser by die skool geskryf en ondersoek die rol wat tegnologie deur hul ouers in kinders se lewens speel en die impak daarvan.

Kultuurorganiseerder Alta Ehrke sê dit is nie ‘n maklike tema nie, en dat ouers werklik met die kwessie worstel.

Sy gesels saam met Gustav Kruger en Jane van Immerzeel in die ateljee met Charles oor hul rolle in Cyberpunks.

Luister weer hier:

Sien ook: Curro Nelspruit wen groot met Onsigbaar


×