100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Covid-19 neem skerp toe in Mbombela

Written by on July 18, 2020

Covid-19-gevalle neem nou vinnig toe in Mbomebla, maar volgens die gesondheidsdepartement word hospitale nie oorweldig nie.
Daar is tans 691 positiewe gevalle in die area, meer as die 653 gevalle die vorige dag.
Van hulle het 233 pasiënte herstel. Drie mense is weens die virus in Mbombela oorlede. In Mpumalanga staan dit op 44.
Volgens die gesondheidsdepartement, word 156 Covid-19-pasiënte tans in die provinsie se private en staatshospitale behandel.
Van hulle is 12 op ventilators.
Volgens Sharon Nkosi, woordvoerder van die departement, het hulle ‘n totaal van 184 ventilators beskikbaar, en meer is bestel.
Nompumelelo Mkhatshwa, ook van die departement, sê mense wat hoes moet seker maak hulle word vir die virus getoets.

Daar is tans 6 073 positiewe gevalle van Covid-19 in die provinsie, waarvan 1 597 mense herstel het. Die meeste gevalle is in eMalahleni (Witbank) aangeteken.
Landwyd het 337 594 mense positief getoets. ‘n Totaal van 178 183 het herstel, en 4 804 mense is weens die virus dood..
Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het Vrydag aangekondig dat die aanbeveelde tydperk van isolasie vir pasiënte wat positief toets, verminder is na slegs 10 dae. Dit was voorheen 14 dae.
Volgens Mkhize is die verkorting gegrond op aanbevelings van die Wêreld Gesondheidsorganisasie.
Volgens kenners dui die teenwoordigheid van die virus nie noodwendig op aansteeklikheid nie.
Ernstige pasiënte moet nou vir 10 dae nadat hulle gestabiliseer is in isolasie bly. Diegene met ligte simptome asook asimptomatiese pasiënte moet vir 10 dae in isolasie bly nadat hulle positief getoets het.

 


×