100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Covid-19-herstelkoers in Mpumalanga by 90%

Written by on August 27, 2020

Mpumalanga het teen 25 Augustus ‘n herstelkoers van 91,5% persent vir Covid-19-gevalle aangeteken.
Dit is die jongste syfers wat deur die provinsiale regering vrygestel is. Dit toon dat 23 331 mense tot dusver positief getoets het. Van hulle het 21 370 herstel.
In totaal is 312 sterftes aangeteken.
Woordvoerder van Mpumalanga se gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, skryf die hoë herstelkoers toe aan die warmer weer.
“Die minister het voorspel dat dit teen September af sal plat,” sê hy.
Hulle verwag ‘n tweede vlaag infeksies, veral sedert mense meer vryelik kan beweeg onder vlak 2 van inperking. Hulle verwag ook dat dit minder ernstig sal wees.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het vroeër die week aangekondig dat hulle dink die piek van die pandemie is verby in Afrika.
Landwyd is die herstelkoers tans 85%. Die provinsies wat die meeste geraak is, bly Gauteng, gevolg deur KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en Oos-Kaap.
Wêreldwyd is 23,7 miljoen gevalle bevestig.
Minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, sê die land teken slegs sowat 3 000 gevalle per dag aan, teenoor ‘n gemiddeld van 12 000 sowat ‘n maand gelede.
Hy het bygevoeg dat minder toetse gedoen word.
“Ons is baie optimisties, maar ook versigtig want ons is nie seker wat gebeur het nie. Die toename was verwag, maar dit was veel kleiner as waarvoor ons aanvanklik beplan het.”
Volgens Malamule hou mense meestal by veiligheidsmaatreëls, maar is hulle geneig om nie fisiese distansiëring toe te pas saam met mense wat hulle goed ken nie.
“Baie mense is asimptomaties. Jy kan die virus oordra sonder dat jy weet jy het dit.”
Die amptelike raad is om nie vir die virus te toets tensy jy simptome het nie. Mense word aangemoedig om toetse te laat doen waar hulle in kontak was met pasiënte wat positief getoets het.


×