100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Covid-19 bevestig in Sabie

Written by on July 3, 2020

‘n Pasiënt is na bewering Maandag in Sabie aan Covid-19 oorlede.
Die sterfte is egter nog nie deur die departement van gesondheid bevestig nie.
Kennisgewings is wel in Sabie-hospitaal aangebring wat bevestig dat ‘n pasiënt positief getoets het, en dat gesondheidswerkers wat met die pasiënt in kontak was, in selfisolasie sal gaan.
Sabie be Safe het Donderdag die sterfte op Facebook aangekondig.
Sharon Nkosi, woordvoerder van Mpumalanga se gesondheidsdepartement, sê dit sit onnodige druk op die departement omdat hulle sterftes nie mág aankondig voor die minister dit bevestig het nie.
Sabie be Safe se Raymond Gouws sê die bedoeling wat om mense te waarsku dat die virus in die dorp en hospitaal is.

“Dit het ‘n groot impak op die gemeenskap,” sê hy. ”Dit is ‘n klein dorpie en hospitaal. Daarom het ons mense gewaarsku. Die oorledene het definitief positief getoets vir die virus.”
Nkosi voeg by dat hulle nooit die spesifieke hospitaal aankondig nie, maar slegs die distrik waar ‘n geval of sterfte bevestig word.
Mpumalanga se amptelike aktiewe gevalle is tans 808 – op van 711 die dag tevore.
In Thaba Chweu-munisipaliteit is 27 positiewe gevalle aangeteken, waarvan 15 mense herstel het.
Mbombela het 177 positiewe gevalle, eMalahleni (Witbank) 426, Govan Mbeki 165 en Steve Tshwete 160.
Sewe mense is tot dusver in die provinsie aan Covid-19 dood: een elk in Mbombela, Bosbokrand, Steve Tshwete, Thembisile Hani en Lekwa met twee in eMalahleni.
Volgens Gouws hoop hulle dat die gemeenskap sal besef dat hulle versigtig moet wees.
“Dit is nou belangriker as ooit dat mense sosiale distansiëring en sanitering toepas.”
Vir advies, bel die Covid-19 tolvrye nommer is 080-002-9999.

 


×