100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bronsbeeld onthul vir Mpumalanga regterpresident Francis Legodi

Written by on December 2, 2022

‘n Bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, is gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela onthul.
Legodi tree volgende jaar, op 69-jarige ouderdom en na 20 jaar op die regbank, af.
Hy was omring deur familielede by die geleentheid.

Legodi sê hy voel geëerd dat sy beeld oorkant die uitbeelding van oud-president Nelson Mandela staan. Luister weer.

Bernard Ngoepe, afgetrede regterpresident van die Noord-Gauteng Hooggeregshof, sowel as dr. Mathews Phosa was van die uitgelese sprekers. Beide was betrokke by Legodi se loopbaan sedert sy dae as ‘n aanklaer.

Afgetrede adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke kon die geleentheid nie in persoon bywoon nie, maar het ‘n lang boodskap gestuur.
Legodi se integriteit is deur al drie uitgesonder. Phosa het gesê politici moet ophou op die regbank te kritiseer wanneer hulle nie van hul uitsprake hou nie. Luister weer.

“Ons bou nie genoeg monumente in Afrika nie, en so gaan ons erfenis verlore. Hierdie is nou deel van ons nalatenskap,” het hy afgesluit.


×